​Die Johannesburg huis wat amper té mooi is

Johannes van Graan Johannes van Graan
Private residence Midrand, Gelding Construction Company (PTY) Ltd Gelding Construction Company (PTY) Ltd Modern houses
Loading admin actions …

Sommige mense is net gelukkig – danksy slim argitekte, binnenshuise versierders, materiale, style en sommer ‘n klomp ander ewe belangrike elemente kry hulle die geleentheid om in huise te woon wat dit laat lyk asof mens permanent met vakansie is!

Indien jy onseker is wat ons bedoel, kyk bietjie na vandag se homify 360° ontdekking wat deur Gelding Construction in Gauteng gebou is. Hierdie eiendom in Midrand (wat ‘n heel ruim uitleg van 1708 m² geniet) dwing ons sommer om alle verantwoordelikhede by die venster uit te gooi en dadelik te begin ontspan (dalk met ‘n drankie in die een hand)…

Hallo, pragtig!

Hoe wonderlik is hierdie ontwerp nie? En wanneer was die laaste keer wat jy so ‘n sjiek en stylvolle motothuis gesien het? (jip, daai is die garage!) 

En lyk daardie deftige stoep en balkon nie na die perfekte spasies waar mens kan terugsit met ‘n cocktail nie? Al wat nog kort is palmbome en die see in die agtergrond.

‘n Paradys in die agtererf

Die agterkant van die huis is net so groot op ‘n ontspannende styl as die voorkant (indien nie meer nie), soos ons kan sien met daardie fantastiese swembad en groot buitestoep. 

En kyk net hoe lekker werk die verskillende materiale (hout, glas, teëls, ens) saam om ‘n styl te skep wat iewers tussen modern en rustiek (selfs Mediterreens) lê.

Voorblad versiering

Jy weet jou huis is wragtigwaar iets om te aanskou wanneer dit die voorblad van ‘n bekende argitektoniese/ binnenshuise versierings-tydskrif haal. Ware bewyse dat hierdie sjiek leefplek ‘n hele paar stylvolle trappe voor die res is! 

Ons het nog baie ander skoonhede om te aanskou, soos Die pragtigste huis in die Kaap.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine