​Fantastiese heining idees vir Suid-Afrikaanse tuine

Johannes van Graan Johannes van Graan
HIDE THE NEIGHBOURS, Oxford Trellis Oxford Trellis Jardin moderne
Loading admin actions …

Hulle sê mos die gras is altyd groener aan die ander kant; maar vandag wil ons eerder fokus op daardie heining tussen jou en jou buurman se gras/tuin, maak nou nie saak watse kant die groenste is nie. 

Gelukkig het ons vele opsies wanneer dit by heinings kom – van modern en elegant tot rustiek en outydse style, hierso is sommer ‘n netjiese paar opsies om van te kies om briljant by jou tuin en huis te pas!

1. Hierdie wit diamant-vorm traliewerk verskaf definitief privaatheid, maar lyk darem baie stylvol ook – so asof dit deur ‘n professionele ontwerper gebou is.

HIDE THE NEIGHBOURS, Oxford Trellis Oxford Trellis Maisons modernes

2. As ‘n patroon ontwerp jou styl is, kan jy ook gaan met hierdie blokkie-vorm wat sommer enige tuin en erf netjies kan laat lyk. En daardie ligte kleure is ook nie te versmaai nie.

HIDE THE NEIGHBOURS, Oxford Trellis Oxford Trellis Maisons modernes

3. Patroon op patroon – hierdie voorbeeld gee vir ons blokkies saam met baksteen vir bietjie ekstra tekstuur.

HIDE THE NEIGHBOURS, Oxford Trellis Oxford Trellis Maisons modernes

4. Vir ‘n oulike dog elegante styl, stel ons hierdie hout ontwerp met diamant-vormpies voor waardeur jou rankplante sommer heel deeglik kan groei.

HIDE THE NEIGHBOURS, Oxford Trellis Oxford Trellis Maisons modernes

5. Of wat van hierdie briljante wit ontwerp wat jou tuin en erf sommer groener en varser sal laat lyk?

HIDE THE NEIGHBOURS, Oxford Trellis Oxford Trellis Maisons modernes

6. Ons is mal oor hierdie boog ontwerp wat so bietjie meer karakter aan die heining gee!

HIDE THE NEIGHBOURS, Oxford Trellis Oxford Trellis Jardin moderne

7. As rustiek meer jou styl is, behoort hierdie houtstomp ontwerp aan die bokant van die heining perfek te werk vir jou tuin.

HIDE THE NEIGHBOURS, Oxford Trellis Oxford Trellis Maisons rustiques

Vir nog vars inspirasie, kyk bietjie na hierdie 8 tuine wat jou sommer gaan lus maak vir tuinmaak!

Besoin d’aide pour votre projet de maison ?
Contactez-nous !

Highlights de notre magazine