​Voor en na: Van vervalle na fantasties

Johannes van Graan Johannes van Graan
Recuperação do Antigo Colégio de Aldeia da ponte, David Bilo | Arquitecto David Bilo | Arquitecto Rustikale Häuser Stein
Loading admin actions …

Vandag se ‘voor en na’ stukkie is werklik iets besonders: a vervalle ou skoolgebou in Portugal wat in 1891 gebou is en wat spog met heelwat historiese kenmerke en ‘n heerlike ou karakter. Maar aangesien dit so lank gelede gebou is, het dit, natuurlik, heelwat agteruit gegaan totdat dit heeltemal vervalle geraak het.

Maar as jy gedink het hulle gaan die hele gebou sloop en iets heeltemal nuuts in sy plek bou, dink weer…

Voor: Die buitekant

Die ou gebou se argitektuur en styl het beslis baie beteken in terme van erfenis, wat die rede is hoekom dit nie heeltemal gesloop is nie. Daarom is dit besluit om dit eerder ordentlik op te knap, binne en buite, sodat dit kan aanhou bestaan om almal in die dorpie te herinner aan hul ryk geskiedenis.

Voor: Die binnekant

Makliker gesê as gedaan! Kyk net watse baie werk daar nog voorlê, veral hier aan die binnekant. 

Maar voordat enigiets gedoen kon word, moes daar eers besluit word wat presies van die gebou se argitektuur gered kon word en aanhou voortbestaan, en wat heeltemal oorgedoen moes word.

Na: Die buitekant

Dis mos nou soveel beter! Alhoewel die hele gebou ‘n meer moderne ontwerp gekry het, kan ons tog afwerkings en style sien wat ons herinner aan die oorpronklike een van die 19de eeu. 

En stem jy saam dat die nuwe kleure die hele struktuur sommer soveel skoner laat lyk?

Na: Die binnekant

Die skool se kapel aan die binnekant het, natuurlik, ook ‘n nuwe ontwerp verdien. En danksy harde werk en kreatiewe beplanning, spog die nuwe ontwerp met ‘n heel netjiese minimalistiese styl.

Na: Die nuwe kombuis

Wanneer dit by die skool se nuwe kombuis kom, geniet die vertrek ‘n ligte Skandinawiese ontwerp wat dit meer ruim, asook skoner laat lyk. En natuurlik sorg daardie vloerteëls vir ‘n heerlike patroon wat ook bietjie karakter byvoeg.

Definitief ‘n heel indrukwekkende projek wat hierdie professionele mee kan spog.  

Loer bietjie na ‘n Johannesburg huis se opknapping vir nog ‘oorbou inspirasie’.

Benötigen Sie Hilfe mit einem Projekt?
Beschreiben Sie Ihr Projekt und wir finden den richtigen Experten für Sie!

Highlights aus unserem Magazin