​Die 5 dinge wat jou huis laat uitstaan vir boewe

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Prefabricated Home
Loading admin actions …

Of jy nou uitsien na ‘n heerlike vakansie weg van die huis af of gaan tuis bly, veiligheid moet altyd in gedagte gehou word – en vandag wil ons fokus op jou huis en hoe om dit nie so aanloklik vir inbrekers te maak nie (met of sonder jou daarin). 

Loer bietjie na hierdie 5 elemente wat ‘n groot verskil aan jou en jou gesin se veiligheid (asook jou besittings) gaan maak.

1. Deure en vensters wat nie werk nie

Deure en vensters is die vinnigste en maklikste maniere om jou huis binne te tree; dus, maak seker dat als toegemaak en ordentlik gesluit is, selfs al bly jou op ‘n hoër verdieping van ‘n woonstelgebou!

2. Geen alarms of ligte

Sensors wat ‘n lig of alarm aktiveer sal dadelik aandag op enige ongewenste gaste in jou erf plaas. Hierdie is veral belangrik vir wanneer jy tuis is snags!

3. ‘n Huis wat leeg lyk

Wanneer jy met vakansie gaan, moenie al die ligte afskakel nie. Nog meer belangrik, sorg dat pos nie ophoop buite waar almal dit kan sien nie. Vra ‘n vriend of buurman om jou pos namens jou op te gaar totdat jy terugkom, en ook om ‘n buitelig aan te skakel sodra dit donker word.

4. Geen verhouding met die bure

Natuurlik wil jy hê iemand moet ‘n ogie oor jou besittings hou wanneer jy met vakansie gaan, en wie nou beter as die bure wat reg langs (of oorkant) jou bly? ‘n Huis wat lyk asof niemand tuis is nie is ‘n inbraak wat wag om te gebeur.

5. Moenie uitspattig leef nie

Ons sê nie jy mag nie duur meubels en dekor koop nie, maar moet asseblief nie vir die wêreld vertel wat jy als in jou huis het nie. Gooi weg die boks waarin jou nuwe TV (of watookal) was (en ons bedoel nie buite op die sypaadjie langs jou asblik nie), maak toe vensters se gordyne wat uitloer op die straat, en hou alle waardevolle artikels (soos juweliersware) in ‘n kluis.

Loer ook na hierdie 6 slim maniere om jou huis teen ‘n inbraak te beskerm.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine