​7 gewoontes om jou huis skoon te hou

Johannes van Graan Johannes van Graan
Трехкомнатная квартра в г.Новосибирск, Design Studio Details Design Studio Details Living room
Loading admin actions …

Dis geen grap om ‘n huis eksie perfeksie te hou nie, veral nie in huishoudings waar kinders en/of troeteldiere betrokke is nie! En aangesien die meeste van ons bedags moet werk en naweke wil ontspan, los dit nie baie tyd (or energie) oor vir skoonmaak nie. 

Maar ontspan, want ons het ‘n paar slim maniere gevind wat help om jou huis skoon te hou – leer net hierdie 7 gewoontes aan, en ons belowe jy sal volgende keer nie so hard hoef te werk om daardie vloere, mure, vensters en vertrekke te laat blink nie!

1. Koop minder

Hoe meer besittings jy het, hoe meer moet jy skoonmaak. En aangesien dit in die mens se natuur is om nuwe goed te versamel, kom in die gewoonte om ou goed weg te gee elke keer wanneer jy nuwes aankoop (byvoorbeeld, jy hoef mos nie meer as een eetstel te hê nie, of hoe?).

2. Van uitstel kom afstel

Almal van ons het daardie dae wanneer ons net niks wil doen nie. Dis heel normaal; dus, maak seker jy doen vandag wat jy kan, aangesien jy dalk nie more die krag gaan hê nie – dit geld vir enigiets van die skottelgoedwasser pak en aansit tot ‘n paar kledingstukke stryk.

3. Maak jou badkamer skoon na elke gebruik

Ons bedoel nie jy moet jou badkamer laat blink elke keer as jy tande borsel nie, maar hou ten minste ‘n skoonmaakmiddel in jou stort wat jy kan spuit na elke gebruik. En vee sommer daardie waterspatsels in die wasbak en op die krane en spieël af. Dit gaan definitief jou skoonmaakwerk verminder wanneer dit by jou badkamer kom!

4. Maak jou bed op

Jou ma was reg – maak daardie bed op voor jy jou dag begin. Of dink jy regtig jy gaan die krag en lus hê om dit vanmiddag of vanaand te doen?

5. Moenie jou wasbak toepak nie

Wie hou nou daarvan om hul wasbakke toe te pak met vuil skottelgoed? Pak in die skottelgoedwasser wat jy kan, en was die res voor jy gaan slaap – ‘n skoon kombuis die volgende oggend sal sommer help om jou in die regte bui vir die dag te kry.

6. Kry ‘n wasgoedmandjie

Ons weet eerlikwaar nie hoe sommige mense sonder een bestaan nie – ‘n wasgoedmandjie help keer dat vuil klere jou hele huis vol lê, mits jy die gewoonte aankweek om hom te gebruik!

7. Breek dit op

Wanneer dit by jou groot weeklikse skoonmaaksessie kom, deel jou huis in areas op en fokus op een deel op ‘n slag. Byvoorbeeld, doen eers al die slaapkamers, dan die badkamers, los die eetkamer vir laaste ens.

Deur jou huis in dele op te breek, sal dit jou skoonmaak taak kleiner en makliker laat lyk, veral omdat jy die heel week al klein skoonmaak gewoontetjies aangeweek het! 

Om seker te maak jou huis is so stylvol soos moontlik, lees: Ouer as 30? Hierdie is wat jy in jou huis moet hê!

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine