​20 fantastiese trappe om jou te inspireer

Johannes van Graan Johannes van Graan
Traumwohnzimmer, LK&Projekt GmbH LK&Projekt GmbH Salones modernos
Loading admin actions …

Al weet ons almal hoe belangrik trappe is om verskillende vlaktes en vloere met mekaar te verbind, is nie almal van ons bewus daarvan dat trappe net so ‘n groot rol kan speel wanneer dit kom by ‘n huis/vertrek se styl en ontwerp nie. En hierdie 20 voorbeelde wat ons nou gaan beloer sal dit bewys…

1. Jou keuse van trappe moet jou huis se styl weerspieël, nes hierdie moderne skepping.

2. Natuurlik kan die elemente rondom jou trap ook help met styl, soos hierdie voorbeeld bewys.

3. Hoe kunstig is hierdie trappe nie? Perfek om enige vertrek meer stylvol te laat lyk.

4. Ons is mal oor hoe natuurlike materiale (soos die klipmuur) saamwerk met die moderne styl van die trappe.

5. Aangesien hierdie trap reg in die middel van die vertrek is, was ‘n treffende ontwerp beslis nodig.

6. Jou trappe kan ook ‘n stil en subtiele styl geniet en nog steeds heel pragtig pryk.

7. Al is relings belangrik, kan jou vertrek/trap se styl ook hier soveel meer verhoog word.

8. Sonder hierdie moderne ligte sou hierdie trap nie naastenby so treffend gewees het nie.

9. Danksy briljante beligting, geniet hierdie trap ‘n warm en verwelkomende atmosfeer.

10. Kyk net hoe fantasties kontrasteer hierdie spierwit trap met die vriendelike kleure van die meubels en dekor.

11. Enige spiraaltrap kan soveel styl aan ‘n vertrek verleen!

homify Pasillos, vestíbulos y escaleras minimalistas

12. Hierdie trap ontwerp was dapper en het ‘n houtblok-styl uitprobeer – en ons is mal daaroor!

13. Sal jy so ‘n kreatiewe trap-reling uitprobeer?

14. Wie’t nou ooit gedink glastrappe kan so sjiek lyk?

15. Om te keer dat ‘n moderne styl te styf voorkom, stel ons rustieke hout voor, nes hierdie houttrappe.

16. Moenie vergeet dat ‘n trap muur net so belangrik is nie – wat dink jy van hierdie rustieke klipmuur?

17. Trappe van metaal lyk perfek in industriële ontwerpe.

18. Hoe gereeld sien jy trappe wat soos ‘n kunswerk lyk, nes hierdie ontwerp wat letterlik uit die dak uit vou?

OLS HOUSE - new 4-person family home near Stuttgart, J.MAYER.H J.MAYER.H Pasillos, vestíbulos y escaleras modernos

19. Met genoeg natuurlike beligting, kan enige trap meer lig en sag voorkom.

20. Hierdie trappe lyk kompleet asof hulle sweef! Is jy braaf genoeg om hierdie ontwerp uit te probeer?

homify Pasillos, vestíbulos y escaleras modernos

Don’t miss these Creative ideas for the space under your stairs – they might just change your life…

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista