Dis duidelik dat Suid-Afrika glad nie hoef terug te staan wanneer dit by argitektuur en binnenshuise ontwerp kom nie, aangesien ons oorgenoeg voorbeelde het van wat ons plaaslike talent kan regkry. En as daar nou een vertrek in die hele huis is wat ons sal kies om jou te oortuig, sal dit beslis die kombuis wees.
Hoekom? Want die kombuis moet soveel verskillende funksies verrig: dit moet gemaklik uitgelê wees vir kook, bak en brou, natuurlik; dit moet die regte toestelle en kaste hê vir praktiese werkspasies en stoorplekkies; en dit moet ook ewe suksesvol wees as ‘n kuierspasie, aangesien ons mos so nou en dan vriende onthaal en met familie kuier rondom daardie eiland en tussendeur al die kospotte.
So, om die hart van die huis te vier, asook wat Suid-Afrikaanse talent kan regkry op hierdie gebied, bring ons aan jou 11 van ons gunsteling plaaslike kombuise hier op homify…
Van een vertrek na ‘n ander, bekyk gerus hierdie 20 idees vir jou sitkamer se dekor.