​14 maniere hoe om jou huis te laat skitter

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Modern houses
Loading admin actions …

Dit gaan nie net oor verf en meubels nie – die tipe beligting wat jy aanskaf vir jou huis het ook ‘n groot impak, nie net in verband met hoe jy jou leefspasies sien nie, maar ook die atmosfeer wat dit afgee vir ander. 

Vandag bekyk ons 14 voorbeelde van beligting buite en rondom huise wat daardie tikkie ekstra “dazzle” verskaf, hetsy dit nou vir die tuin, mure, motorhuis of die hele huis self is.

Voel vry om notas te neem!

1. Ons is mal oor die manier wat hierdie muurligte die huis laat skitter saans.

2. Kyk net hoe lekker warm en verwelkomend maak hierdie tuinligte die buitenste kuier area.

3. Die regte beligting teen die regte tekstuur (soos hierdie klipmuur) kan nogal heel treffend lyk!

4. Natuurlik kan mens ook met kleure speel wanneer dit by ligte kom, binne én buite.

5. Natuurlik kan die beligting buitekant jou huis ook gebruik word vir veiligheid, soos by hierdie dammetjie in die tuin.

6. Kleure, patrone, vorms… daar is soveel verkillende maniere wat ligte meer styl aan jou huis/tuin kan verskaf.

7. Kyk net hoe laat die verkillende ligte verskeie areas ophelder op hierdie stoep.

8. So paar vloerliggies oppad na die voordeur? Hoekom nie?

9. En dieselfde beligting kan ook gebruik word om jou trappe mooier en veiliger te maak.

10. Helder beligting saam met spierwit strukture? Hoe skitterend!

11. Wat dink jy van die goue beligting wat ekstra glans aan hierdie moderne huis verleen?

12. Dink jy hierdie ingang sou ewe deftig gelyk het sonder die vloerliggies?

13. Onthou om genoeg beligting by jou hoofingang te plaas sodat dit heel helder is.

14. Ons eindig af met hierdie ontwerp wat die swembad soveel meer stylvol laat lyk danksy briljante beligting.

Aangesien ons reeds buite is, kyk ons na hierdie 8 tuine wat jou sommer gaan lus maak vir tuinmaak!

Watter van hierdie beligting sal perfek werk by jou huis?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine