​16 badkamers met moderne en fantastiese storte!

Johannes van Graan Johannes van Graan
Casa CH, GLR Arquitectos GLR Arquitectos Modern bathroom
Loading admin actions …

Weet jy wat maak regtig ‘n groot verskil aan ‘n badkamer? ‘n Fantastiese stort! En danksy vandag se stuk wat wys hoe stylvol die regte stort ‘n badkamer kan maak, is die kanse goed dat jy ‘n ernstige opknapping aan jou badkamer gaan oorweeg. Van eenvoudige ontwerpe tot helder en kleurvolle afwerkings, hierdie lys met 16 voorbeelde bied regtig iets wat in almal se smaak sal val.

1. Hierdie dubbel-toon ontwerp wat warm hout en sjiek wit meng trek dadelik aandag.

2. Kyk net hoe fantasties staan hierdie moderne stort se helder beligting uit in die res van die badkamer.

3. Sjoe, dis mos nou hoe kleurkontras werk! En die diamantvorm van die stort is perfek vir klein spasies!

4. Ons almal weet dat jy nooit verkeerd kan gaan met marmer nie, aangesien dit kleur en patroon met elegansie byvoeg.

5. Kyk hoe stylvol laat die monochroom kleurskema hierdie moderne badkamer en stort lyk.

6. Hierdie stort verdwyn so te sê danksy daardie amper onsigbare glaspanele, wat die houtmure wonderlik laat uitstaan.

7. Danksy LED beligting is hierdie moderne ontwerp briljant en skitterend.

8. Kyk net hoe maklik is dit vir mosaïekteëls om karakter te gee aan ‘n stort.

9. Hierdie betonmure laat die glansende stort, spierwit bad en houttafeltjie lieflik uitstaan.

10. Hierdie stort met sy teëlontwerp maak seker alle aandag is op hom gevestig.

11. Kyk hoe betowerend is hierdie ontwerp wat, danksy glas en spieëls, die hele vertrek wonderlik weerkaats.

12. ‘n Klippie-patroon ontwerp versier hierdie stort se buitekant, terwyl die binnekant subtiel en elegant voorkom danksy marmerteëls.

13. Nuwe teëls in ‘n ander (bypassende) kleur – en dis hoe maklik dit was om hierdie moderne stort meer prominent te laat vertoon!

14. Moenie vergeet dat ‘n rustieke baksteenmuur lekker kan kontrasteer met ‘n moderne badkamer se voorkoms nie.

15. Aangesien die vloere en mure alreeds propvol tekstuur en patroon is, val hierdie hoekstort heel gemaklik in by die ontwerp.

16. Die getinte stortdeure verseker dat hierdie stort die fokuspunt van hierdie badkamer is!

Watse stort sal perfek in jou badkamer lyk?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine