​‘n Rustieke en moderne meesterstuk

Johannes van Graan Johannes van Graan
Mountain House, David Guerra Arquitetura e Interiores David Guerra Arquitetura e Interiores Rustic style house
Loading admin actions …

Dis glad nie moeilik om ‘n mengsel van verskillende style in vandag se argitektuur te vind nie; soms is dit moderne strukture wat gepaard gaan met minimalistiese afwerkings, en ander kere vind ons kontemporêre geboue wat ‘n hele paar industriële stukke toon. 

Vandag se homify 360° ontdekking wys ons net hoe briljant die moderne en rustieke style saam kan werk, veral wanneer hulle gepaard gaan met baie spasie, ‘n fantastiese uitsig en ‘n begroting wat heel duidelik skrik vir niks!

Die rustieke voorkant

Ons reis na Brasilië vir hierdie meesterstuk, ontwerp deur die argitekte van David Guerra Architects. En soos jy kan sien, geniet die voorkant van die huis ‘n hele paar rustieke afwerkings, veral met die hout en rou steen wat die meeste van die mure versier. 

Let bietjie op hoe hierdie natuulike materiale uitstaan van die welige landskap, nie net met kleur nie maar ook in terme van tekstuur.

‘n Meer moderne styl

Die huis, genoem ‘Casa da Montanha’ (wat beteken ‘huis van die berg’) se agterkant weet nou regtig hoe om asems weg te slaan. Hierso lyk dit ook skielik heelwat groter en meer ruim – en natuurlik werk daardie groen landskap en blou lug perfek saam met die struktuur se aardse kleure. 

Al is die huis se vorm aan die agterkant meer modern, geniet hy nog steeds die interessante tekstuur van hout en baksteen. En natuurlik kan ons nie daardie helderbou swembad en teëlstoep miskyk nie!

Die fantastiese kombuis

Welkom aan die binnekant, wat net so groot en ruim soos die buitekant is! Ons beloer eerste die kombuis, wat ‘n baie moderne (en neutrale) kleurskema geniet danksy swart teëls, bruin hout, donker marmer en grys klip. 

Kyk net hoe vloei sonlig en vars groenigheid van buite na binne danksy daardie tamaai vensters en glasdeure.

Die uitstaan badkamer

Kyk net daardie trappe! Dis genoeg om enigeen soos ‘n koninklike te laat voel met badtyd. 

Helderrooi is ingebring vir die moderne badkamer se kleurskema, terwyl tekstuur en patroon verskaf word deur die muurteëls. 

En aangesien die badkamer nou nie die grootste uitleg geniet nie, is ‘n tamaai groot spieël ingebring om die vertrek meer visuele spasie te gee.

Die agterstoep

Ons beëindig ons toer deur terug te keer na die agtererf – kan jy ons regtig kwalik neem dat ons nie kan wegbly van daardie pragtige uitsig nie? 

Die agterstoep wat uitkyk op die swembad is heel gemaklik beskut teen sonlig en reën deur ‘n tamaai houtkap, net vir ingeval die weer nie wil inval by die kuierplanne nie. En supermoderne meubels en dekorstukke verskaf versierings wat gemak en skoonheid verseker.

Definitief ‘n huis om van te droom! Maar het jy al Die Pretoria huis wat asems wegslaan gesien?

Wat dink jy van hierdie huis?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine