​Dié gesin het geen spasie vir ‘n kombuis gehad nie – toe bou hulle een!

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Modern kitchen
Loading admin actions …

Vandag se homify 360° ontdekking neem ons na London waar ‘n huisgesin dieselfde probleem as die meeste van ons gehad het – te min spasie!

Met te min ruimte vir ‘n kombuis, het hulle besluit om hulle tot die professionele ontwerpers by Holland and Green te wend om nie net ‘n kombuis te verkry nie, maar ook ‘n spasie groot genoeg vir ‘n eet- en sitkamer.

Kom ons kyk na die fantastiese eindresultate…

‘n Lieflike klein stoepie

Saam met die nuwe vertrekke het die huis ook ‘n oulike stoepie bygekry wat die oopplan uitleg met die agtererf en tuin verbind. 

En kyk bietjie hoe die nuwe aangeboude vertrekke met dieselfde baksteen ontwerp spog as die bestaande huis – so asof dit al vir jare daar staan.

Die stylvolle kombuis

Maar kom ons bekyk bietjie die nuwe kombuis – spierwit kleure met ‘n tikkie geel wat uitstaan; ‘n minimalistiese ontwerp vir die kaste; en toestelle met vlekvrye staal afwerkings wat hulle lieflik prominent maak. 

En moet natuulik ook nie vergeet van die eiland wat pragtig én prakties is nie.

Oop spasies

Soos ons kan sien, bied hierdie nuwe uitbreiding fantastiese spasie, wat natuurlik die rede is hoekom ‘n ekstra sitkamer en eetkamer bygevoeg is. 

Maar kyk net hoe geniet elke area sy eie styl, materiale en kleure om hulle meer afsonderlik te maak.

Ietsie ekstra

Maar ‘n ooplan kombuis is nie die enigste toevoegsel tot hierdie huis nie – die ontwerpers het ook ‘n oulike tuin huisie bygesit wat nóg ekstra spasie en potensiaal aanlas. 

Waarvoor sal jy so tuin huisie gebruik?

Beloer gerus hierdie 11 skeepsvraghouer idees vir jou tuin huisie.

Wat is jou opinie oor hierdie oopplan kombuis?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine