​Top 6 argitektoniese meesterstukke in Suid-Afrika

Johannes van Graan Johannes van Graan
House Abo , Nico Van Der Meulen Architects Nico Van Der Meulen Architects Modern houses
Loading admin actions …

Een ding is seker: Suid-Afrika hoef glad nie terug te staan wanneer dit by argitektuur kom nie, want dis so duidelik soos daglig dat ons land se talent met van die wêreld se bestes spog. Ons aanvoer rede? Kyk net bietjie na hierdie 6 fantastiese huise wat regoor Suid-Afrika te vind is (en wat ontwerp is deur plaaslike talent) – en ja, natuurlik verskil hierdie voorbeelde in terme van grootte, style en prys om seker te maak daar is ietsie vir almal hierso!

1. ‘n Treffende styl

Die Kloof Straat Huis is definitief een van ons land se bestes. Ontwerp deur Meulen Argitekte en geleë in Johannesburg, is hierdie huis meer soos ‘n tamaai kunswerk wat mens se aandag trek en weier om te laat gaan!

2. Die koloniale huis

Vir dié van ons wat nie mal oor is vreeslike moderne style nie kan hierdie klassieke-tog- koloniale ontwerp nogal perfek werk. Geleë in Bryanston, Johannesburg en ontwerp deur T4 Argitekte, is hierdie skepping heel merkwaardig, maar nie net oor sy grootte nie – kyk net hoe lekker oop maak hy hier in die agter erf. En daardie ligte kleure van die bou materiale laat dit nog meer elegant lyk.

3. Die slim skeepsvraghouer huisie

Hierdie is nou regtig ‘n uitstekende voorbeeld van hoe Suid-Afrikaanse ontwerp byhou met internasionale standaarde. Skeepsvraghouer huise (ook genoem ‘houer huise’) is die nuutste gier, en soos jy kan sien bied hierdie ontwerp ‘n heel fraai styl aan, om nie te praat van die gemaklike spasie en uitleg aan die binnekant nie.

4. Skandinawiese styl

Met ons heerlike weer is dit nie moeilik om te verstaan hoekom hierdie skepping op ons lysie is nie – kyk net daardie tamaai opening wat die glasdeure laat om te verseker dat vars lug (en tuin uitsigte) na binne stroom! En daardie fantastiese stoep is perfek vir ‘n lekker saamkuier.

5. Groot en koel

Nog ‘n heerlike voorbeeld van ‘n huis wat die buitelug geniet – hierdie skepping tref ons in Balito aan en dit bied ook ‘n lekker plonspoel aan om seker te maak hierdie inwoners maak die beste van ons land se warm weer. 

En moet tog nie die inbou-braai en fantastiese eetstel in die agtergrond miskyk nie!

6. Super modern

Ons sluit ons lys af met ‘n super moderne styl van Meulen Argitekte wat vir ons wys hoekom hulle so bekend is in die argitektuur wêreld. Hoe gereeld sien mens ‘n skepping met sulke massiewe glasmure en uitstaan dak ontwerpe? En dan praat ons nie eers van daardie perfekte tuin, stoep en swembad uitleg nie.

Vir nog fantastiese plaaslike inspirasie, kyk bietjie na Die Pretoria huis met super styl en spasie.

Watse huis verkies jy?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine