​Kyk net wat R72,000 aan ‘n ou skeepsvraghouer kan doen!

Johannes van Graan Johannes van Graan
ตู้คอนเทนเนอร์มินิมาร์ท , ชัยภูมิบ้านตู้คอนเทนเนอร์ ชัยภูมิบ้านตู้คอนเทนเนอร์
Loading admin actions …

Vandag se homify 360° ontdekking is ‘n heel “lekker” verrassing – maar voor ons by die “soete” resultate kom, eers ‘n bietjie meer oor skeepsvraghouer huise.

Vir dié wat nog nie weet nie, skeepsvraghouer huise (ook genoem ‘houer huise’) is net soos wat dit klink: ou, gebruikte houers wat eens op ‘n tyd groot vragte goedere per skip vervoer het, maar wat vandag omskep word in huise. Aangesien sommige van hulle aanmekaar gelas word vir meer spasie, kan niemand kla dat hierdie fantastiese ontwerpe te klein of beknop is nie! 

Skeepsvraghouers verskil in lengte, maar is gewoonlik tussen 6 en 9 meters lank. Hulle word nie sommer vir langer as 15 jaar gebruik om goedere te vervoer nie, maar dit beteken mos nie hulle kan vernietig word na die tyd nie! 

Kom ons kyk bietjie hoe een spesifieke projek van R72,295.00 een skeepsvraghouer gehelp het om iets heeltemal besonders te word – en dis nie ‘n huis nie…

‘n Helder styl

Dit is hoe hierdie skeepsvraghouer skepping lyk na heelwat werk aan hom gedoen is – maar dis nog nie die einde van hierdie projek nie. Kom ons gaan ‘n paar treë terug om te sien waar als begin het.

Aan die begin

Hierdie is mos nou waaraan mens dink wanneer jy die woord “skeepsvraghouer” hoor, alhoewel hierdie een klaar ‘n paar openinge aan die kant bygekry het vir vensters en deure.

Nog veranderinge

Soos ons kan sien het die houer ‘n hele paar veranderinge ondergaan, onder andere sweis- en verfwerk om dit nie net ‘n ander styl te gee nie, maar ook meer prakties en leefbaar te maak. 

Aan die binnekant word insulasie bygevoeg om ‘n heel gemaklike temperatuur te verseker.

‘n Treffende ontwerp

Of jy dit nou ‘n snoepie of ‘n lekkergoed winkel wil noem, feit bly staan dat hierdie ou skeepsvraghouer ‘n nuwe (selfs beter) funksie dien vandag. 

Hier aan die buitekant kan ons nou uiteindelik sien hoe die finale ontwerp lyk met al die kleure, glasdeure, vensters, ens.

Die nuwe binnekant

Wie sou kon dink dat ‘n ou skeepsvraghouer nou so kon verander en ietsie bied vir dié met ‘n soettand? 

Vir nog ‘n fantastiese voorbeeld van wat mens kan vermag met skeepsvraghouers, loer gerus na Die Kaapse skeepsvrag huisie.

Wat is jou gevoel oor skeepsvraghouers wat in iets nuuts omskep word?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine