​‘n 200 m² huis vir ongeveer R745,000

Johannes van Graan Johannes van Graan
Коттедж на 200 кв.м., hq-design hq-design
Loading admin actions …

Vir vandag se ontdekking reis ons al die pad na Rusland waar HQ Design House een van hul ontwerpe met ons deel – ‘n heel pragtige moderne huis wat omtrent enigiemand kan inspireer.

Bo en behalwe die buite-aansigte, gaan ons ook die huis se vloerplanne bekyk – en bietjie droom oor hoe hierdie skepping aan die binnekant lyk…

Afhangende van boumateriale en afwerkings, kan hierdie huis gebou word vir ‘n heel skaflike R745,000. Kom ons kyk of dit die geld werd is…

‘n Oulike skepping

Modern met ‘n bietjie tradisionele styl – dis eerder hoe ons hierdie huis sal beskryf. En kyk net hoe lieflik lyk die warm neutrale kleure wat die huis so vriendelik en aangenaam aan die buitekant laat lyk. 

Wat dink jy van die afdakkies? Die groot vensters? Die oulike uitleg van die tuin en al die potplante wat die buitekant nog meer optower?

Die agterkant

Ons is net so ingenome met die huis se ontwerp aan die agterkant, want selfs hier is die styl heel netjies. En natuurlik beteken daardie groot vensters dat die binnekant gerieflik helder is.

Die vloerplan: Grondvloer

Maar wat van die uitleg? Kom ons kyk wat vertel die vloerplan vir ons…

‘n Oop-plan uitleg bied ‘n heel ruim vertrek aan waar ons ‘n kombuis, sitkamer en eetkamer aantref. Die grondvloer bied ook een badkamer en ‘n kantoor aan, asook heelwat stoorplek.

Die vloerplan: Boonste verdieping

Die boonste verdieping gee vir ons vier (ruim) slaapkamers, asook ‘n badkamer wat groot genoeg is vir twee mense.

Raai raai

Ons het ongelukkig geen foto’s van die huis se binnekant nie, maar dit beteken mos nie ons kan nie raai watse styl hy sal geniet nie. Aangesien die buitekant netjiese neutrale kleure gebruik, voel ons die kombuis sal ‘n soortgelyke styl hê. Dus, gaan ons met hierdie ontwerp van Capital Kitchens CC

‘n Tamaai groot eiland met ‘n houtblad bied meer as genoeg werk- en eetspasie. En ons praat nie eers van die treflike styl van die kaste in die agtergrond nie – ‘n heel indrukwekkende uitleg wat genoeg stoorplek bied vir allerlei kombuis dingetjies. 

Gepraat van huise, loer bietjie na Die Pretoria huis met super styl en spasie.

Sal jy R745,000  betaal vir hierdie huis?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine