​7 Feng Shui wenke wat goeie geluk na jou huis bring

Johannes van Graan Johannes van Graan
THEATRON, Voltaj Tasarım Voltaj Tasarım Modern living room
Loading admin actions …

Smaak verskil van persoon tot persoon, en alhoewel nie almal van ons volgens dieselfde reëls werk wanneer dit kom by ons huise se style nie, is daar tog dié van ons wat effens bygelowig is en aan die krag van Feng Shui glo.

Vir dié wat in die duister is, Feng Shui is ‘n antieke Chinese “geloof” wat daarop neerkom dat die plasing van meubelstukke en dekor binne mens se huis bepaal watse soort energie aanwesig is – so voel dus vry om hierdie nie noodwendig as streng reëls te beskou nie! 

Kom ons kyk bietjie wat Feng Shui vir ons aansê om te doen om meer positiewe energie in ons huise in te lok.

1. Welkom tuis, voorspoed!

‘n Pragtige ingang na jou huis sal verseker dat voorspoed jou vind, maar dan moet jy ook daarop fokus dat jou voordeur na noord of oos wys – dit sal glo help dat natuulike lig na binne straal. En as jy kan, maak jou voordeur van soliede hout.

2. Verban eensaamheid

Is daar’n leë muur by jou ingang? Dit kan eensaamheid aandui of inlok, so hang maar liewers ‘n paar foto’s of ‘n kleurvolle skildery op, of wat van ‘n mooi tafel met ‘n paar blompotte?

3. ‘n Slaapkamer vol geluk

Ons almal weet hoe belangrik genoeg slaap is, en Feng Shui sê jy kan nie jou slaapkamer se ontwerp afskeep nie, anders kan dit met jou gesondheid mors. Maak seker daar is genoeg lig aanwesig en maak alle vensters oop om bietjie vars lug in te waai. Daar moet ook die minimum meubels wees!

4. Mooi mure

‘n Mooi skildery wat water aandui (soos ‘n see uitsig of ‘n rivier) kan voorspoed en rykdom aan jou besorg – altans dis wat Feng Shui glo. Maar natuurlik kan niemand stry dat so ietsie ook ‘n rustige uitwerking op ‘n vertrek het nie.

5. Gepraat van water…

‘n Visdam of –tenk binne jou huis beteken positiewe energie – en weereens, ons almal weet hoe rustig en kalm ‘n lekker groot vistenk ‘n vertrek kan laat lyk of voel. Blykbaar glo Feng Shui dat die konstante beweging van die visse voorspoed voortbring.

Maak ook seker dat die vertrek skoon en netjies is en, as jy kan, plaas die vistenk in die noord-oostelike deel van die vertrek.

6. Vreedsaam

Moenie dink dat ‘n belangrike vertrek soos die kombuis niks met Feng Shui te make het nie – dit is dan waar jy jou daaglikse voedsel vandaan kry! Dus is dit belangrik om die wasbak en stoof so te plaas dat hulle nie visueel met mekaar bots nie – plaas hulle ver van mekaar en nooit in dieselfde lyn nie.

7. ‘n Fontein vir jou fortuin

Feng Shui is groot op die positiewe invloed van water, so as jy nie spasie het vir ‘n vistenk binne jou huis nie, sorg dan ten minste dat jy ‘n borrelende fontein iewers buite plaas, verkieslik in die noord-oostelike deel van jou erf of tuin – die vloeiende water simboliseer die vloei van energie en voorspoed.

Van goeie na slegte geluk; kyk bietjie na die 9 redes hoekom inbrekers jou huis teiken.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine