​Moderne trappe: 6 briljante voorbeelde vir jou

Johannes van Graan Johannes van Graan
Industrialny Loft , justyna smolec architektura & design justyna smolec architektura & design Pasillos, vestíbulos y escaleras industriales
Loading admin actions …

Trappe is dalk in die ou dae slegs gebruik om vloere met mekaar te verbind, maar deesdae kan ‘n trap net so deel van die argitektuur en dekor wees soos ‘n kaggel, muurpapier of selfs ‘n pragtige venster wat uitkyk op ‘n treflike tuin. En dan praat ons nie eers van al die verskillende vorms, strukture, style en ontwerpe waarmee ‘n trap kan spog nie, van super kontemporêre “floating stairs” tot lieflike rustieke houttrappe.

Vandag beloer ons 6 voorbeelde van moderne trappe wat pragtig én prakties is. Loer gerus en kyk watter een perfek in jou huis kan pas…

1. Voeg ‘n glasreling by en daardie ontwerp se stylstatus skiet onmiddelik die hoogtes in.

2. ‘n Ruim hoektrap soos dié bied nog potensiaal vir dekor, soos lieflike potplante.

Casa Alpes homify Pasillos, vestíbulos y escaleras modernos Metal

3. En gepraat van plante, hoe stylvol is hierdie klein tuintjie onderkant die trap nie?

4. Hierdie houttrappe is dalk van rustieke hout, maar die styl is beslis modern (danksy die metaal bykomstighede, briljante beligting, ens).

5. Daar is geen manier wat hierdie ontwerp in die agtergrond wegsmelt nie!

6. Kyk net watse lekker spasie bespaar hierdie spiraal ontwerp!

¿Necesitas ayuda con tu proyecto?
¡Contáctanos!

Destacados de nuestra revista