​Die pragtige modulêre huis met vloerplanne

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Modern houses
Loading admin actions …

Vir vandag se homify 360° kyk ons na die 3D ontwerpe van ‘n stylvolle en super moderne modulêre huis ontwerp deur die Poolse maatskappy Homekoncept.

Behalwe vir die uitstekende ontwerp en uitleg is daar nog ‘n rede hoekom hierdie struktuur so uitstaan – die styl aan die buitekant is glad nie bang om met donker kleure te speel nie, wat nogal ‘n heel verfrissende en unieke ontwerp verseker. 

Kom ons dagdroom so bietjie…

Die voorkant

Dis mos nou hoe elegansie moet lyk! ‘n Monochroom kleurskema wat ook indrukwekkende (maar nie te veel) patrone en teksture insluit. Kyk net hoe verfrissend lyk daardie steenkool kleure wat so briljant kontrasteer met die ligbruin en wit.

Die fantastiese tuin

Alhoewel hierdie spesifieke tuin ontwerp nie deel is van die huis se planne nie, kan ons nie anders as om geïnspireer te wees nie. ‘n Netjiese grasperk, bosse en plante, struike, ‘n houtdek paadjie… alles hier is prentjiemooi en lyk te puik saam met die huis se moderne styl.

Die agterkant

En wat tref ons aan die agterkant aan? ‘n Kuier paradys wat bestaan uit ‘n swembad, massiewe houtdek en menigte glasdeure en vensters wat ons net meer nuuskierig maak oor die huis se binnekant. 

Hierdie is mos nou die perfekte spasie vir wanneer jy jou gaste bietjie groen van jaloesie wil maak!

Die vloerplanne: Grondvloer

Ongelukkig het ons geen foto’s van die huis se binnekant nie. Maar aangesien ons die vloerplanne in die hande gekry het, het ons geen probleem om die huis se uitleg voor te stel nie.

Soos jy kan sien, bied hierdie indrukwekkende ontwerp op die grondvloer die volgende: ‘n twee-kar motorhuis; ‘n oopplan uitleg vir die kombuis, eetkamer en sitkamer; ‘n badkamer en ‘n studeerkamer.

Die vloerplanne: Boonste verdieping

Die boonste vloer bied aan: drie slaapkamers; twee badkamers en nog ‘n kamer wat kan dien as ‘n kantoor (of speelkamer vir die kinders, selfs). 

Die hoofslaapkamer maak oop op sy eie balkon wat uitkyk oor die kuier area / swembad in die agter erf. 

Dit is mos nou hoe ‘n moderne droomhuis moet lyk, of hoe? 

As hierdie huis perfek werk vir jou, behoort jy net so mal te wees oor: 'n Stylvolle huis met vloerplanne.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine