As daar nou een ding wat ons hier op homify kan leer, is dit dat ‘klein’ nie noodwendig ‘sleg’ hoef te beteken nie. En dit word weereens bewys vandag met ons homify 360° ontdekking, waar ‘n oulike rustieke huisie, wat nie eers so baie spasie opvat nie, ons beïndruk met sy kreatiewe karakter.
Danksy die regte kleure, materiale, dekor en uitlegte, kan hierdie klein ontwerp beslis kers vashou by van die beste vakansiehuise…
Ons eerste kykie na die huis is beslis ‘n interessante een: ‘n ingang wat amper versteek is en nie veel aandag trek nie, maar wat eerder die aandag vestig op die stoepie se vloerteëls, baksteenmuur, vars potplante, ens.
En hoe gereeld sien ons buitenste mure wat met so ‘n interessante kleur soos daardie sonneblom geel spog?
Die agterkant maak pragtig gebruik van sy mooi uitsigte deur bykans die hele huis oop te maak met groot skuifdeure – perfek vir daardie unieke vars vakansielug!
Die argitekte wil beslis hierdie huis so gemaklik as moontlik maak, aangesien hulle ordentlike ventilasie vir die hele struktuur in hul ontwerp ingesluit het. Dit help natuurlik ook met die vermindering van kraggebruik, aangesien lugversorgers nie so baie gebruik hoef te word nie.
Orals aan die binnekant kan ons sien hoe die natuur hierdie huis inspireer, van die houtplafon en klipmure tot die sementvloere. Dit sorg natuurlik ook vir ‘n heel unieke styl wat nou nie 100% rustiek is nie, maar soortvan die rustieke en industriële style saamvoeg.
Kom ons beloer nog so paar pragfoto’s van hierdie indrukwekkende projek.