​Hierdie foute lok boewe na jou huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
Haus K - Holzständerhaus in Wegberg, Architektur Jansen Architektur Jansen Minimalist house
Loading admin actions …

Hoekom is dit gewoonlik net met vakansies (of naweke wanneer mens bietjie wil wegbreek) dat die meeste mense ewe skielik daarop fokus om hul huise veilig te hou? Inbrekers slaan toe wanneer dit hulle pas, nie noodwendig wanneer jy nie tuis gaan wees nie! Dus moet mens mos permanent daarop ingestel wees om inbrekers en ander ongewenste gaste uit te hou. 

So, om jou huis veiliger te maak, kom ons kyk na 5 foute wat baie mense aan skuldig is en wat ‘n huis baie meer aanloklik vir boewe kan maak…

1. Geen alarmstelsel

Baie mense beskou 'n alarmstelsel as te ingewikkeld of geld mors – groot fout. Maak eerder seker jou huis is velig deur ‘n alarm aan te koop, asook sensors wat enige beweging in jou erf en tuin sal optel.

2. Deure en vensters wat nie ordentlik sluit nie

Moenie so besig wees met daardie nuwe alarm dat jy skoon vergeet van die maklikste en vinnigste roetes in jou huis in nie – jou vensters en deure. Maak seker dat al die slotte werk en als deeglik toe en gesluit is (dit geld ook vir dubbelverdieping balkonne).

3. Niemand tuis

Jy wil nie hê jou huis moet van buite af lyk asof niemand tuis is nie, selfs al is jy met vakansie. Vra ‘n vriend of buurman om jou pos uit te haal, en ‘n buitelig (en dalk een binnelig) aan te sit sodra dit donker word.

4. Geen kontak met bure

Jy hoef nie beste vriende met jou bure te word nie, maar maak tog net seker julle is vriendelik genoeg dat julle ‘n ogie oor mekaar se huise kan hou so nou en dan. Laat weet iemand wanneer jy met vakansie gaan sodat hulle jou buiteligte kan aanskakel, jou pos kan hou, en dalk ook jou plante kan versorg.

5. Jou spoggery

Jy kan hoe trots wees op jou nuwe TV stel (of sofas, of nuwe koffietafel, of watookal), maar moet nooit aan die buitewêreld verkondig watse duur meubels en dekorstukke jy in jou huis het nie. Daardie leë boks waarin jou TV (of watookal) was moet weggegooi word, en ons bedoel nie langs jou asblik voor in die straat nie – dit wys vir almal daar is iets waardevols in jou huis. 

Hierdie 15 veiligheidshekke gaan al die bure jaloers maak.

Wat kan mens nog doen om ‘n huis veiliger te maak?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine