​7 idees oor hoe om jou huis uit te brei op ‘n klein begroting

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Patios
Loading admin actions …

Dis heel normaal om aan nuwe idees te dink wanneer dit by mens se huis kom – soms is dit die verf van die sitkamer se muur, ander keer die oordoen van ‘n badkamer, byvoorbeeld. Maar die gewildste bly nog steeds om meer spasie by te voeg, wat natuurlik beteken ‘n ekstra vertrek of twee word aangebou.

Maar voor jy begin sidder oor daardie aanboukostes, onthou net dat daar alternatiewe maniere is om ekstra spasie te geniet sonder om ‘n bank te beroof. En die regte ontwerp en materiale kan ook keer dat jy vir weke en weke met stof, sement en bouers in jou huis moet saamleef.

Hier’s ‘n paar begrotingsvriendelike idees…

1. ‘n Ekstra houthuisie

Wat van ‘n ekstra vertrek wat nie noodwendig aan jou huis gelas word nie? Hierdie hout gehuggie kan of gebou of net so aangeskaf word vir ‘n fraksie van wat ‘n soortgelyke vertrek met bakstene gebou kan word. 

Ideaal vir daardie gaste slaapkamer / kantoor / kinders se speelkamer…

2. ‘n Glas ontwerp

In plaas van beton en baksteen, wat van glas vir jou mure sodat jy nog steeds die uitsigte van jou tuin en erf kan geniet? Die glaspanele hoef jou glad nie ‘n arm en ‘n been te kos nie, maar kan nog steeds super stylvol (en duur) lyk.

3. Bou boontoe

As jy gelukkig genoeg is om hoë plafonne in jou huis te hê, wat van ‘n loft? Dit is definitief een van die maklikste (en goedkoopste) maniere om ‘n ekstra vertrek in jou huis aan te skaf.

4. Wat van ‘n stoep?

Wie sê daardie ekstra spasie aan jou huis moet toegebou word? Hierdie stoep geniet ‘n heel stylvolle ontwerp danksy die materiale, kleure, meubels en dekor. En as jy nou rêrig wil, kan ‘n ou afdakkie ook puik lyk.

5. Die tuinhuisie

Hierdie oulike struktuur (noem dit ‘n tuinhuis of ‘n konservatorium, nes jy wil) kan net so lekker uitwerk in jou agtererf!

6. ‘n Skuurtjie

Afhangende van waarvoor dit gebruik gaan word hoef daardie ekstra vertrek mos nie ‘n massiewe grootte te wees nie. ‘n Eenvoudige tuin skuurtjie soos hierdie kan ook vir ‘n hele paar opsies gebruik word.

7. Speel-speel!

Ons almal ken Wendy Houses van kleintyd af, maar dis nie te sê dis net vir die jongspan bedoel nie. Dit kan heel ideaal wees vir ‘n ekstra slaapkamer vir jou gaste, aangesien dit ekstra privaatheid verskaf. 

Gepraat van geld spaar, loer bietjie na hierdie 20 wenke om jou huis se waarde te verhoog (deel 1).

Watse idees oorweeg jy om ‘n ekstra vertrek aan te skaf?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine