​Die koelste houerhuis wat jy ooit sal sien!

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify บ้านและที่อยู่อาศัย
Loading admin actions …

Die meeste van ons weet teen dié tyd al wat ‘n skeepsvraghouerhuis is, en ook hoe stylvol en elegant dit opgemaak kan word. Maar net indien jy nog in die donker is, bring ons vandag vir jou ‘n fantastiese voorbeeld wat wys net hoe sjiek ‘n houerhuis kan wees. 

Christina Menezes van Brasilië is die professioneel agter hierdie ontwerp.

Briljante beligting

homify บ้านและที่อยู่อาศัย

Skeepsvraghouers word gewoonlik geassosieer met donker, beknopte spasies – wel, ‘donker en beknop’ is die laast woorde waaraan mens dink wanneer dit by hiérdie pragtige ontwerp kom. 

En kyk net hoe fantasties laat die beligting al die verskillende materiale uitstaan, van die mure se houtpanele tot die vloere se baksteen ontwerp.

‘n Warm kleurskema

homify ห้องนั่งเล่น

Ons is mal oor die kleurskema aan die binnekant, waar bruine en ander aardse kleure ‘n warm gevoel optower wat mens sommer dadelik laat welkom voel.

Pragtig én prakties

homify ห้องนั่งเล่น

Natuurlik is ‘n skeepsvraghouerhuis nie net daar om oulik te lyk nie – dit moet net so prakties en leefbaar as ‘n gewone huis wees. 

Wel, wat dink jy van hierdie oopplan uitleg wat, alhoewel dit klein is, heel gemaklik ‘n kombuis, eet area en sitkamer insluit?

‘n Ruim gevoel

homify ห้องนอน

Aangesien die huis klein is, is verskillende metodes aangewend om dit meer ruim en oop te laat lyk en voel, soos die vollengte spieëls in die slaapkamer wat, tesame met die briljante beligting en groot vensters, heel suksesvol in hul doel slaag.

Die badkamer

homify ห้องน้ำ

Die kreatiwiteit eindig glad nie wanneer dit by die badkamer kom nie, aangesien hierdie klein vertrek net so ruim en stylvol soos die res van die huis lyk. Om dit meer prakties te maak, is die badkamer toeganklik vanaf die slaapkamer en leef area, asook die houtdek aan die buitekant. 

‘n Heel unieke skepping wat perfek kan werk vir een mens of ‘n jong paartjie – of wat sê jy? 

Vir meer inspirasie, loer gerus na: 6 stylvolle voorbeelde van skeepsvraghouer huise.

ต้องการความช่วยเหลือสำหรับโปรเจคของคุณ?
ติดต่อเราได้เลย

ไฮไลท์จากนิตยสารของเรา